We have previously written regularly about the life and times of the legendary Jan Huppelbeen. Recently, because we recognised the way in which the old man must be hurting by the way humans are interfering in his world, we wrote a poem in honour of the old man. If he managed to talk to God about what was happening around him, we wondered if God would have answered him in this way? We had to write this in Afrikaans – out of respect for Old Jan who so often has shared the inner feelings of his spirit with us.

Gebed ter ere aan ou Jan Huppelbeen en sy wêreld

Jaar na jaar kom julle, met julle blink motors en groot bote, om My gawes te kom bemors

Julle fuif laat aand, julle drink partytjies, om vure, skend My Wese, verjaag My kinders.

Look for the harders and breakfast

Julle kom een keer per jaar, om skep en te vat, julle dolle gejaag, nadie dwelm van vinnige plesier

Julle misken My natuur, julle mors in My water, voordat julle weer in jul motors spring

Om geld te gaan maak, vir volgende jaar se gevier.

Voor julle kom, slaap My kinders op die sandbank, die kiewiete en ryers staan langs die walle

Vis baljaar in die vlak water, die kolganse roep mekaar

My vistermanne werk om die sandbank, die grysbokkie wei op die wal

Jy hoor die uile, die visarende praat

Maar julle het geen respek vir My kinders, verjaag hulle uit hul huis uit.

Morning stretches

Julle sê julle het regte, julle bou julle huise en pondokke, of sit in jul karavane

Julle skree en lag, jjulle praat van rus, maar weet van niks

Julle jag na kits genot, met grofgeskut, jul loop in die nag

Met jul visstokke en nette, om te knoei en te verdoesel, wanneer niemand jul kan sien

Julle het geen regte hier.

 

Gaan huis toe man, na jou land van plesier, en los My natuur

My kinders en My rivier, om in vrede te leef

En hou op om te skep en te vat, my kinders te versuur

Sonder om ooit terug te gee, aan hierdie wonder

Die gawes van My natuur.